Grand Canyon Nasionale Park* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Posisie van die Grand Canyon in die Verenigde State | |
Koördinate: 36°6′3″N 112°5′26″W / 36.10083°N 112.09056°W | |
Lande | Verenigde State |
Tipe | Natuur |
Kriteria | vii, viii, ix, x |
Verwysings | 75 |
Streek† | Noord-Amerika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1979 (3de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Grand Canyon is 'n bekende canyon in Arizona in die Verenigde State van Amerika. Die canyon is deur die Coloradorivier gevorm en is, na die Yarlung Tsangpo Canyon, die tweede langste canyon ter wêreld. Dit is 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied,[1] nasionale park in die VSA en een van die sewe natuurlike wonders van die wêreld.
Die Grand Canyon is 446 km (277 myl) lank, tot 29 km (18 myl) breed en op plekke 1.83 km (6000 voet) diep.[2] Bykans twee miljard jaar van die aarde se geologiese geskiedenis is blootgestel soos die Colorado en sy sytakke deur die aardkors sny, terwyl die Colorado-plato self deur tektoniese werking opgehef is.[3]
Bewyse dui dat die Colorado ten minste 17 miljoen jaar gelede sy loop deur die canyon gevestig het.[4][5][6] Sedertdien het die Colorado voortdurend dieper en dieper deur die aardkors gevreet, tot die punt waar dit vandag is.